July 20, 2010

Die selgroepe gaan kegelbal

Die selgroepe by die Abu Dhabi gemeente het besluit om gereeld 'n geselligheid saam te he en die eerste keer was dit Kegelbal. Ek self was nie daar nie, maar sal my "verslag" skryf na aanleiding van die foto's :-).

Page1

Soos dit op so 'n "kompetisie" gaan, word daar gewoonlik gespog wie gaan vir wie nou wen, en praat en beplanning lyk my was volop. Christelle, skuus as ek verkeerd is, maar dit lyk asof jy alreeds gewen het :-).

Page2

Oud en jonk en groot en klein het deelgeneem. Ten Pin Bowling 005

Slegs 'n kort kop agter die wenner in die tweede plek was dit Hannes Vorster! Ten Pin Bowling 007

Die wenner vir die aand was Corne Welthagen!! Mooi so julle! Page3

En soos altyd moet mens 'n ietsie eet op so 'n uitstappie. Lekker pizza ne Liezel :-)

July 18, 2010

Jongmense eilandkuier

Saterdagnamiddag het 'n paar van ons jongmense en twee of drie ouer mense die hitte aangedurf om bietjie op 'n naby eiland te gaan kuier.

Page1

Groot opgewondenheid toe ons so onder die direkte son uit wegtrek.

DSC_0028

Ons "skipper" Leon wat sy boot en tyd aangebied het!

DSC_0041

Ons uitspanplek vir die middag, op Lulu eiland net 'n klipgooi van die dorp.

Page2

Onmiddelik is 'n paar op die boot saam met Leon uit om te gaan ski. Op hierdie stadium is regop ski-foto's skaars - net Jet kon bo die water bly. Die ander sal hulle self miskien aan die water herken? :-)

Page3

Die res het in die see rondgehang en bal gespeel totdat .....

DSC_0159

'n Pienk gecko die dag probeer oorneem het. As julle dink so 'n opblaas gecko kan 'n kleuter besig hou, het julle nog nie gesien wat dit met jong volwassenes kan doen nie.

Page4

Die eerste een wat hom/haar aangedurf het was Elriza. Sy is 'n paar keer omgedop totdat haar maatjies haar met raad en daad bygestaan het sodat sy uiteindelik op sy rug kon bly.

Page5

Jana het toe ook probeer en sy was sommer 'n paar keer omgedop. Uiteindelik het die vlakwater bietjie gehelp.

Page6

Wilmien het met groot selfvertroue die gecko aan sy poot gevat en op sy rug geklim asof dit 'n perd was ..... en heerlik gele en float. Ons het selfs vir Corne met die pienk gecko gevang.

Page7

Water en koeldrank ruskanse was daar baie in die hitte.

Page8

Die enigste twee tieners in die dorp het ook kom saamkuier en ook hulle beurt op die pienk gedierte gehad. Mens kan sien hoe mooi Elriza hulle verduidelik waar om vas te hou

. Page1_0

Die glimlaggies vertel dat hulle dit geniet het en daar is kopstukke gesels en beplan aan die nuwe jaar se uitstappies.

Page2_0

Maar nog ouens het intussen die ski probeer aandurf en meeste van die tyd kon daar mooi aksiefoto's van die punte van die ski's geneem word.

Page3_0

Hulle verdien beslis punte vir die probeer en selfs Hermien het die ski's amper regop kon ry.

Page4_0

Die wenner van die tweede uitvaar se ski, Janus is baie in sy skik - 'n klein Titanic.

Page5_0

Van die passasiers wat alles dophou.

Page6_0

Lyk asof Corne sukkel om net die ski's bymekaar te hou voordat hy hulle selfs aangetrek het. Hermien lyk baie in haar skik met haar poging.

DSC_0217

Nadat die boot al kom vasmeer het, kom die tweetjies aangestap - ek wil graag weet hoekom julle nie op die boot was nie? :-)

Page10

Intussen het die manne die braaivure aangekry en is daar lekker gebraai en geeet.

Page11

Met die son wat sak moet die pienk gedierte afgeblaas word en alhoewel Elriza hard probeer moes Jana ook later kom hand by sit.

DSC_0263

VIr oulaas 'n lekker koeldrank.

DSC_0266

Dan is dit oppak en inpak tyd.

DSC_0271

Die klomp lekker moeg en nee dis nie Ewert se tong wat uithang nie.

DSC_0281

Einde van 'n heerlike uitstappie en ons maak gou weer so.